Songtexte.com Drucklogo

Sy's Al Wat Ons Het Songtext
von Laurika Rauch

Sy's Al Wat Ons Het Songtext

Iewers klink die eggo
Nog ′n skoot uit 'n geweer
Iewers vlug daar diere
En ′n groot boom val neer
Iewers in die verte
Word nog 'n stad gebou
Iewers vaar 'n vragskip
Oor die see se laaste blou

En iewers onder alles
Sug moeder aarde swaar

Sy kyk oor haar skouer
Sy tel nog ′n jaar
Sy dink aan toe sy jonk was
En mooi en sonder pyn
Maar nou is dinge anders
Sy voel die lewe verdwyn


Sy vryf haar moeë bene
Sy′t 'n lang pad geloop
Sy wonder oor haar kinders
Dis haar heel laaste hoop
Sy vou haar hande saam
Soos ′n eensaam gebed
O, wanneer gaan ons leer
Sy's al wat ons het

Moeder aarde draai haar om
Uit die son se ergste brand
En sy droom van digte woude
En haar oë waai vol sand
Sy soek na haar kinders
Maar hul dans nou met musiek
Langs duisend vuil riviere
Langs berge van plastiek

Refrein

Songtext kommentieren

Log dich ein um einen Eintrag zu schreiben.
Schreibe den ersten Kommentar!

Fans

»Sy's Al Wat Ons Het« gefällt bisher niemandem.