Songtexte.com Drucklogo

'n Liedjie vir jou Songtext
von Jannie du Toit

'n Liedjie vir jou Songtext

Ek dink vanaand aan jou, en aan die Wildekus se golwe
Ek dink vanaand aan jou, en aan die eindelose strand
Ek dink aan rotskastele, watervalle na benede
En beestepadjies sukkel oor die rand

En ek wens dat ek my liedjie vir jou kon sing
Ek weet dat jy die woorde sal verstaan
Ja, ek wens dat ek my liedjie vir jou kon sing
En ek weet dit sou weer ′n vonkel in jou oë bring

Ek dink vanaand aan jou, en aan die Visriviervallei
Ek dink vanaand aan jou, en aan sy kronkel kronkel kronkel
Ek dink aan stroomversnellings, aan die koue winternagte
En kampvuuraande op die goudgeel sand


En ek wens dat ek my liedjie vir jou kon sing
Ek weet dat jy die woorde sou verstaan
Ja, ek wens dat ek my liedjie vir jou kon sing
En ek weet dit sou weer 'n vonkel in jou oë bring

Ek dink vanaand aan jou, en aan die blou blou Kaapse berge
′N Sprokiesland in bleekwit op 'n helder sterligaand
Ek dink aan waterpoele, wit proteas teen die hange
Maar somtyds vir 'n oomblik
Net aan jou

En ek wens dat ek my liedjie vir jou kon sing
Ek weet dat jy die woorde sou verstaan
Ja, ek wens dat ek my liedjie vir jou kon sing
En ek weet dit sou weer ′n vonkel in jou oë bring

Songtext kommentieren

Log dich ein um einen Eintrag zu schreiben.
Schreibe den ersten Kommentar!

Beliebte Songtexte
von Jannie du Toit

Quiz
Wer singt über den „Highway to Hell“?

Fans

»'n Liedjie vir jou« gefällt bisher niemandem.