Songtexte.com Drucklogo

Altyd ma se kind Songtext
von Snotkop

Altyd ma se kind Songtext

Hierdie is n lys
Alles wat ek voel hier op papier geskryf
Noem dit ′n brief, 'n lied,
′N gedig of 'n versameling van dankbaarheid
Nou's die regte tyd, later is te laat en tyd vlieg verby
So hierdie is ′n storie van ′n liefde wat jy net eenkeer kry
Wie was daar toe ek die eerste keer, my oë oopmaak en die lewe in tree
Wie was daar,
Hoe sou ek ooit vergeet, om my te leer 'n goeie lewe te leef
Ma het vir my lewe gegee, die beste gegee wat Ma kon
Ma het vir my soveel geleer, geleer van die soet en die seer
Maak nie saak wat gebeur, ek sal nooit vergeet
Ek bly altyd ma se kind, altyd ma se kind
Ek sal nooit vergeet nie
Alles wat my ma my as ′n kind geleer het
Om onvoorwaardelik trots te wees op
Myself, en om vir ander mense te gee
En wat ookal gebeur ek moet weet dis okay, om nie perfek te wees nie


So hierdie is 'n storie van ′n liefde wat net 'n ma kan gee
Wie was daar toe ek die eerste keer,
Verlief geraak het dat my hart net wou breek
En wie was daar om met die seerste
Seer, te troos en trane van my wang af te vee
Ma het vir my lewe gegee, die beste gegee wat Ma kon
Ma het vir my soveel geleer, geleer van die soet en die seer
Maak nie saak wat gebeur, ek sal nooit vergeet
Ek bly altyd ma se kind, altyd ma se kind
So ek belowe, vir die res van my lewe is ek dankbaar ma
En ek belowe, vir die res van my lewe is ek daar vir ma
Ma het vir my lewe gegee, die beste gegee wat ma kon
Ma het vir my soveel geleer, geleer van die soet en die seer
Maak nie saak wat gebeur, ek sal nooit vergeet
Ek bly altyd ma se kind, ek bly ma se kind
Ek bly altyd ma se kind, altyd ma se kind
Ek bly altyd ma se kind, altyd ma se kind
Ek bly altyd ma se kind, altyd ma se kind

Songtext kommentieren

Log dich ein um einen Eintrag zu schreiben.
Schreibe den ersten Kommentar!

Beliebte Songtexte
von Snotkop

Quiz
In welcher Jury sitzt Dieter Bohlen?

Fans

»Altyd ma se kind« gefällt bisher niemandem.