Songtexte.com Drucklogo

Byeboerwa Songtext
von Carike Keuzenkamp

Byeboerwa Songtext

1891, Perlgrimrus, toe byeboer uit die bed opstaan.
Hy′t vas besluit hy trek hier uit, want hy wil na die stiltes gaan.
En hy pak sy wa, sy ossewa byeboerwa.
Sy tent en sy donkie saam, en hy kom toe op die grootpad aan.
Rondom Graskop, daar loop sy spoor tussen Sabie en Malieveld,
By die Krokodilpoortberg trek hy oor en hy kom toe tot op Barberton.
Die wiele rol, sy ossewa byeboerwa, die kakebeen byeboerwa.
Kan die swaar vrag net net dra.
Die byeboer, byeboer, byeboerwa.
Blom in die hare en bye wat pla.
Op sy ossewa, ossewa byeboerwa.
Blom in die hare en bye wat pla.
1893, Span hy uit en maak 'n hartbeeshuisie staan.
Lebomboberge kon hom nie stuit.
By die Limpopo geil sy graan.
Daar staan sy wa, sy ossewa byeboerwa.
En sy hart is bly en vry met die stilte aan sy sy.
Die byeboer, byeboer, byeboerwa.
Blom in die hare en bye wat pla.
Op sy ossewa, ossewa byeboerwa.
Blom in die hare en bye wat pla.
1930, Hy′s afgeleef en byeboer vol stokalleen,
Hy mis die jolyt van Pelgrimsrus en vryf nou oor sy kakebeen.
Maar in 1930 Pelgrimsrus is die dorp se gees geblus.
Dis 'n spookdorp, wat in stilte wurg.
Al wat oorbly is Johannesburg.
Daar trek sy wa, sy ossewa byeboerwa,
En sy tent, en sy donkies saam, en hy kom op die grootpad aan.
Die byeboer, byeboer, byeboerwa.
Blom in die hare en bye wat pla.
Op sy ossewa, ossewa byeboerwa.
Blom in die hare en bye wat pla.
Byeboer byeboerwa.

Songtext kommentieren

Log dich ein um einen Eintrag zu schreiben.
Schreibe den ersten Kommentar!

Beliebte Songtexte
von Carike Keuzenkamp

Quiz
Wer singt das Lied „Haus am See“?

Fans

»Byeboerwa« gefällt bisher niemandem.