Songtexte.com Drucklogo

Pampoen Songtext
von Kookwater

Pampoen Songtext

Sing, sing jou woorde teen my vas
Bring, jou hele lewe in ′n tas
Vat 'n trein na Bloemfontein
En die 506 na Petrus Steyn
En as jy wil
Vat daar ′n bicycle

Volg, volg die grondpad teen die bult
Hol, oor die velde as jy wil
Hier wag ek die jare om
Vir 'n stofwolk op die horison
Of iets soortgelyk
Wat soos jy lyk

Ek't nog ′n vrot pampoen
En ′n stukkende skoen
En 'n trekker wat se tyres lek
Vir alles wat ek aan jou gedoen het
Kom jy by my intrek


Ek′t nog 'n vrot pampoen
En ′n stukkende skoen
En 'n plaas wat ek afbetaal
Vir alles wat ek aan jou gedoen het
Kom jy om my te haal

Stuur, stuur my liefde vir jou ma
Maar as jy kom los haar net daar
Want hier′s net plek vir drie van ons
Dis ek en jy en 'n af-oor hond
Sy naam is Roof
Maar hy's al jare doof

Bring, bring daai goedjies wat jou pla
En ek maak ′n ring van ogies draad
Ek spaar nog vir die diamant
En ′n donkiekar vir die predikant
Ek sal moet blomme leen
Tot dit eendag reën

Ek't nog ′n vrot pampoen
En 'n stukkende skoen
En ′n trekker wat se tyres lek
Vir alles wat ek aan jou gedoen het
Kom jy by my intrek


Ek't nog ′n vrot pampoen
En 'n stukkende skoen
En 'n plaas wat ek afbetaal
Vir alles wat ek aan jou gedoen het
Kom jy om my te haal

Ek′t nog ′n vrot pampoen
En 'n stukkende skoen
En ′n trekker wat se tyres lek
Vir alles wat ek aan jou gedoen het
Kom jy by my intrek

Ek't nog ′n vrot pampoen
En 'n stukkende skoen
En ′n plaas wat ek afbetaal
Vir alles wat ek aan jou gedoen het
Kom jy om my te haal

Songtext kommentieren

Log dich ein um einen Eintrag zu schreiben.
Schreibe den ersten Kommentar!

Fans

»Pampoen« gefällt bisher niemandem.