Songtexte.com Drucklogo

Hoe Ek Voel Songtext
von Johannes Kerkorrel

Hoe Ek Voel Songtext

As ek jou net kon vertel
As ek jou net kon laat sien
Sou ek ′n skilder opdrag gee
Om 'n prent vir jou te verf
En as hy eindelik klaarmaak
As hy sy meesterstuk voltooi
Sou jy weet, jy sou weet
As jy teen die tyd nog vergeet
Hoe ek voel, hoe ek voel
Oor jou
As ek jou net kon laat sien
As ek jou net kon laat lees
Sou ek ′n faxmasjien gaan huur
En gedigte vir jou stuur
En as jy anderkant dit kry
As jy dit uithaal en jy kyk
Sou jy weet, jy sou weet
As jy teen die tyd nog vergeet
Hoe ek voel, hoe ek voel
Oor jou
As ek jou net kon laat lees
As ek jou net kon laat hoor
Sou ek 'n koor na jou toe stuur
Serenade in die laatnaguur
En as jy wakker word een aand
En jou vensters staan wyd oop
Sou jy weet, jy sou weet
As jy teen die tyd nog vergeet
Hoe ek voel, hoe ek voel
Oor jou
Jy sou weet
Jy sou dit weet
Jy sou dit weet
Jy sou dit weet
As jy teen die tyd nog vergeet
Hoe ek voel, hoe ek voel
Oor jou

Songtext kommentieren

Log dich ein um einen Eintrag zu schreiben.
Schreibe den ersten Kommentar!

Beliebte Songtexte
von Johannes Kerkorrel

Quiz
Welcher Song ist nicht von Britney Spears?

Fans

»Hoe Ek Voel« gefällt bisher niemandem.