Songtexte.com Drucklogo

Hillbrow Songtext
von Johannes Kerkorrel

Hillbrow Songtext

Ou mans sit by die straatkafees,
En kyk al die mense loop heen-en-weer
Die boemelaars raas by die Wimpy Bar,
En Fontana is oop tot laat in die aand
Kaalvoet kinders in die straat
Wys parkeerplek aan
En hou dan die hand, en hou dan die hand,
En hou oop die hand. Ooo

En gee, gee, gee. Gee, gee, gee
Jou sente, jou drome, jou klere vol gate,
Gee jou hart vir Hillbrow
Gee jou hart vir Hillbrow


Uit Quartz Straat hoor ek n meisie my roep,
Daar′s 'n Hare Krishna wat vra wat ek soek
En ken ek vir Jesus?, vra n man op die stoep,
Tussen Hillbrow Records en Estoril Books
En dis lank na twaalfuur,
En die Hillbrow toring stuur
Sy seine in die nag, sy seine in die nag,
Sy sein vir die junkies wat wag. Ooo

En gee, gee, gee. Gee, gee, gee
Jou sente, jou drome, jou toekoms vol gate,
Gee jou hart vir Hillbrow,
Ja, gee jou hart vir Hillbrow.

En die ligte gaan aan in die Chelsea Hotel,
En stemme en musiek klink in elke woonstel.
Ons sit in die son en drink wyn,
Ons survive met ′n helse lot pyn in hierdie land, ja
Kom ons drink op die een wat sy drome oorleef,
Op die een wat kry wat hy vra, ja

En gee, gee, gee. Gee, gee, gee
Jou sente jou drome, jou toekoms vol gate,
Gee jou hart vir Hillbrow
Ja, gee jou hart vir Hillbrow,
Komaan, gee jou hart vir Hillbrow

Songtext kommentieren

Log dich ein um einen Eintrag zu schreiben.
Schreibe den ersten Kommentar!

Beliebte Songtexte
von Johannes Kerkorrel

Fans

»Hillbrow« gefällt bisher niemandem.