Songtexte.com Drucklogo

Die Gang Songtext
von Laurika Rauch

Die Gang Songtext

In die donker gang is ′n lig wat skyn
Maar die vlam is delikaat en fyn
En ek het verlang na die lentetyd
Op my oom se plaas sonder elektrisiteit

My tannie sê my kind, my kind
Die liefde en die motte is blind
Vanmelee se dae in die lentetyd
Was daar wel, ja wel 'n bietjie elektrisiteit

Diep in die donker gang het ek na iets verlang
Ek het die wind hoor sing, lente sal liefde bring
Ek het die dag hoor kwyn, dis net die son wat nou verdwyn
En soos die aarde draai, sal ′n haan weer kraai


In die donker gang is 'n skildery
Van De Wet, Cronjé' en De la Rey
En die perde se oë het moeg gelyk
Want die strewe na vrede is ′n eindelose stryd

Laat een aand word die nag soos dag
Soos die storm bars met al sy krag
En ek het in die gang weggekruip
Want ek was so bang vir die elektrisiteit

Diep in die donker gang het ek na iets verlang
Ek het die wind hoor sing, lente sal liefde bring
Ek het die dag hoor kwyn, dis net die son wat nou verdwyn
En soos die aarde draai, sal ′n haan weer kraai

In die donker gang word die vlam weerkaats
In die prente waar die skadu's dans
Maar die vlam is delikaat en fyn
En dit kan soos ′n dief in die donker nag verdwyn


Diep in die donker gang het ek na iets verlang
Ek het die wind hoor sing, lente sal liefde bring
Ek het die dag hoor kwyn, dis net die son wat nou verdwyn
En soos die aarde draai, sal 'n haan weer kraai

Songtext kommentieren

Log dich ein um einen Eintrag zu schreiben.
Schreibe den ersten Kommentar!

Fans

»Die Gang« gefällt bisher niemandem.