Songtexte.com Drucklogo

Muur Songtext
von Chris Chameleon

Muur Songtext

Lank reeds bou ek die muur tussen my en jou
Skans wat die ganse wereld uit moet hou
Word soms alleen maar ek raak dit mettertyd gewoond
In n see van gesigte is ek die enigste wat my wereld bewoon

En soms verbeel ek my dat ek dit met iemand deel
En al my sielsverlange word in haar oe weerspieel
En al my drome word waar
As ek ontwaak

Onlangs het ek teen my gewoonte in getuur
Na die afstand tusen die einder en my hemelhoe muur
Ek was verstom oor dit wat ek daar kon gewaar
Jy en alles wat jy is het jou lank reeds om my muur geskaar


En soms verbeel ek my dat ek dit met iemand deel
En al my sielsverlange word in haar oe weerspieel
En al my drome word waar
As ek ontwaak

Uit die slaapwandeling
Die lewe in afwesigjheid
Van die bedreiging van die liefde

Langsaam het my jerigomuur ineen geval
Deur jou lyf omsingel en jou laggende trompetgeskal
My hart nog effe beskerm deur die klippepuin
Voor die aanslag van jou toewyding het ek in my verdediging versuim

En soms verbeel ek my dat ek dit met iemand deel
En al my sielsverlange word in haar oe weerspieel
En al my drome word waar
As ek ontwaak

Songtext kommentieren

Log dich ein um einen Eintrag zu schreiben.
Schreibe den ersten Kommentar!

Beliebte Songtexte
von Chris Chameleon

Quiz
Welcher Song kommt von Passenger?

Fans

»Muur« gefällt bisher niemandem.