Songtexte.com Drucklogo

Siek + Sat Songtext
von Terminatryx

Siek + Sat Songtext

Genoeg is genoeg
Te laat is te vroeg
Genoeg is genoeg
Van die kerk tot die kroeg

Ek is moeg vir korrupsie, moord, verkragting en doodslag
En lang queue′s waar jy ure moet staan en wag
Ek is moeg vir gravy-train swape, wat vat en kry sonder swoeg
En agterbakse bliksems, wat hul eie sake vol ploeg

Ek is siek en sat vir donsdose wat dink hulle weet wat
Ek is siek en sat vir lighties wat dink hulle ken die pad
Ek is sat en siek vir ou ballies wat hulle advies kan stick
Ek is sat en siek vir kak musiek en kakker flieks

Ek is moeg vir die lewe se contradictions
En ek's moeg vir politicians elke skrikkeljaar-klug met elections

Genoeg is genoeg
Te laat is te vroeg
Genoeg is genoeg
Van die kerk tot die kroeg


Ek is gatvol vir cliché leefstyle wat uit die TV rol
En ek is gatvol vir idiote wat agter trends aan-hol
Ek is tot hiertoe vol met kunslose narre wat met spray cans jol
Ek is tot hiertoe vol met taxi-drivers wat hul karre rol

Ek is klaar met kinder- en diere-mishandelaars
En is klaar met kansvatters en dwelmhandelaars

Genoeg is genoeg
Te laat is te vroeg
Genoeg is genoeg
Van die kerk tot die kroeg

Ek is siek en sat vir besoedeling van nywerhede
En om te leef in die verlede
Gatvol vir leuens en verdraaide waarheid
En vir die noodsaak om te veg vir vryheid

Ek is absoluut bored met die Hilton terte
Wat famous word omdat papa miljoene werd is
Dit maak my lam dat oorloë steeds woed
En ek is siek vir scum, nie opgesluit net lig beboet

Genoeg is genoeg
Te laat is te vroeg
Genoeg is genoeg
Van die kerk tot die kroeg


Ek is tam vir slegte nuusberigte
En baby fabrieke wat nie omsien na hul pligte

Ek is siek en sat dat ons nie ′n verkoue kan genees
En dat mense daagliks moet leef in vrees
Ek is siek en sat dat skoenmakers nie hou by hul lees
En ek's siek en sat date ek sien en sat moet wees

Genoeg is genoeg
Te laat is te vroeg
Genoeg is genoeg
Laat my walg, laat my wroeg

Genoeg is genoeg!

Songtext kommentieren

Log dich ein um einen Eintrag zu schreiben.
Schreibe den ersten Kommentar!

Quiz
Welche Band singt das Lied „Das Beste“?

Fans

»Siek + Sat« gefällt bisher niemandem.