Songtexte.com Drucklogo

Straattroebadoere Songtext
von Laurika Rauch

Straattroebadoere Songtext

Tussen die donker geheime van die nag
Speel die straattroebadoere
Konka-concerto′s vir die suiderkruis
Melkweg en maan
Hartseer konsertinas vir die gloeikool-ballerinas
Van die straattroebadoere
En die prinse van die boendoe
Die grammadoelaboendoe verlang
En die vure in hul oë wys waar die Dixieland paradys hang

Stap saam deur Diagonaalstraat
Stap saam na waar die nagwagte praat
Stap saam waar die straattroebadoere
Oor verlange in hul hart sit en praat


Tussen die donker geheime van die nag
Speel die straattroebadoere
Konka-concerto's vir die suiderkruis
Melkweg en maan
Hartseer konsertinas vir die gloeikool-ballerinas
Van die straattroebadoere
En die prinse van die boendoe
Die grammadoelaboendoe verlang
En die vure in hul oë wys waar die Dixieland paradys hang

Stap saam deur Diagonaalstraat
Stap saam na waar die nagwagte praat
Stap saam waar die straattroebadoere
Die twintigste eeu agterlaat

Stap saam deur Diagonaalstraat
Stap saam na waar die nagwagte praat
Stap saam waar die straattroebadoere
Die twintigste eeu agterlaat

Songtext kommentieren

Log dich ein um einen Eintrag zu schreiben.
Schreibe den ersten Kommentar!

Fans

»Straattroebadoere« gefällt bisher niemandem.