Songtexte.com Drucklogo

Sonder Seile Teen die Wind Songtext
von Laurika Rauch

Sonder Seile Teen die Wind Songtext

Die boot wat in die see verdwaal
Die wind wat deur die branders maal
Sonder seile teen die wind
Skommel ons
Sonder om mekaar te vind

In die waters wild kan ons versink
In die donker see sal ons verdrink
Sonder seile teen die wind
Skommel ons
Sonder om mekaar te vind


Ons roep uit teen die woeste reën
Waar gaan ons in die warrel heen?
Sonder seile teen die wind
Skommel ons
Sonder om mekaar te vind

Kan ons weet of sal ons raai
Hoe vind ons ooit ′n kalm baai
Sonder seile teen die wind
Skommel ons
Sonder om mekaar te vind

Sal ons ooit die land kan haal
Is ons in die see verdwaal
Sonder seile
Skommel ons

Op die rotse lê 'n wrak
Met ′n mas twee keer geknak
Sonder seile teen die wind
Moes ons skommel
Sonder om mekaar te vind

Songtext kommentieren

Log dich ein um einen Eintrag zu schreiben.
Schreibe den ersten Kommentar!

Fans

»Sonder Seile Teen die Wind« gefällt bisher niemandem.