Songtexte.com Drucklogo

Neanderdalman Songtext
von Laurika Rauch

Neanderdalman Songtext

Daar′s kantgordyntjies
Voor my vensterraam
En alles is so ordelik
Soos dit my betaam
Soggens kom die melkman
En saans lees ek koerant
En soms as als te veel word voel ek astrant


Daar's klein hortjievensters
Hoog in die dak
In die straat rooi telefoonhokkies
Wat in die sonlig bak
Ystervoëls vlieg hoog verby
Robot knip sy oog
En as die wêreld op my skree
Hou ek kop omhoog
En sou my Neanderdalman
My aan die hare gryp en vang
Met ′n knuppel in my rug
Gebalde vuis hoog in die lug
Dan sou my Neanderdalman
My hartsnaar so laat span

Oe oe oe oe oe
Oe oe oe oe oe oe

Daar's kantgordyntjies
Voor my vensterraam
En alles is so ordelik
Soos dit my mos betaam
Soggens kom die melkman
En saans lees ek koerant
En soms as als te veel word
Voel ek astrant
En sou my Neanderdalman
My aan die hare gryp en vang
Met 'n knuppel in my rug
Gebalde vuis hoog in die lug
Dan sou my Neanderdalman
My hartsnaar so laat span

Oe oe oe oe oe
Oe oe oe oe oe


En sou my Neanderdalman
My aan die hare gryp en vang
Met ′n knuppel in my rug
Gebalde vuis hoog in die lug
Dan sou my Neanderdalman
My hartsnaar so laat span

Oe oe oe oe oe
Oe oe oe oe oe oe

Songtext kommentieren

Log dich ein um einen Eintrag zu schreiben.
Schreibe den ersten Kommentar!

Fans

»Neanderdalman« gefällt bisher niemandem.