Songtexte.com Drucklogo

Atlantis Songtext
von Laurika Rauch

Atlantis Songtext

O my naam maak rêrig nie saak nie
En my ouderdom net so min
Maar die plek en die mense wat ek lief het
Word uitgedop en omgekeer

O wat het julle met my Kaap gedoen
En wie gaan verantwoordelik staan
Met my hand vol vere oopgemaak
En die dons wat daaruit waai...

Met my hand vol vere oopgemaak
En die dons wat daaruit waai

Laat die met ore hoor
En die met oë sien
In die ghetto′s die nuwe ghetto's
Daar dans onse kinders

In die ghetto′s die nuwe nuwe ghetto's
Daar dans onse kinders


O my naam maak rêrig nie saak nie
En my ouderdom net so min
Maar die plek en die mense wat ek lief het
Word uitgedop en omgekeer

O wat het julle met my Kaap gedoen
En wie gaan verantwoordelik staan
Met my hand vol vere oopgemaak
En die dons wat daaruit waai

Met my hand vol vere oopgemaak
En die dons wat daaruit waai

Laat die met oë dan lees
En die met tonge dan praat
In die ghetto's die nuwe nuwe ghetto′s
Daar bloei onse kinders

In die ghetto′s die nuwe nuwe ghetto's
Daar bloei onse kinders

Laat die met woorde dan skryf
En die met note dan sing
In die ghetto′s die nuwe nuwe ghetto's
Daar sterf onse kinders

In die ghetto′s die nuwe nuwe nuwe ghetto's
Daar sterf onse kinders


O ek′s oud genoeg om nog jonk te wees
En ek sleep my geboortemerk saam
Met my hand vol vere oopgemaak
En die dons wat daaruit waai

Met my hand vol vere oopgemaak
En die dons wat daaruit waai

Songtext kommentieren

Log dich ein um einen Eintrag zu schreiben.
Schreibe den ersten Kommentar!

Fans

»Atlantis« gefällt bisher niemandem.