Songtexte.com Drucklogo

Royal Hotel Songtext
von David Kramer

Royal Hotel Songtext

Hier sit die manne in die Royal hotel
Ek ken mos vir almal, ek is almal se pel
Luister ou vrind, daar agter die bar
Hoe lyk ′it met nog so 'n doppie daar?
Ken julle vir Duppie, sy bynaam is dop
Hy het vir die Springbokke ′n doel geskop
'n Leë bierblik, kan hy maklik platdruk
Met net een hou, teen sy groot voorkop
Nou stel ek voor, my ou vriend Fanie
Daar's niks te wêreld, wat Fanie pla nie
Ontmoet hom in die straat, en sê "hoe gaan ′it ou maat?"
Sê Fanie "nee kannie kla nie"
Ma′ hier sit die manne in die Royal hotel
Ek ken mos vir almal, ek is almal se pel
Luister ou vrind, daar agter die bar
Hoe lyk 'it met nog so ′n doppie daar?
En hier sit die speurder, Sersant de Kok
Hy drink sy Whiskey, so on the rocks
'n Koel komkommer, ons noem hom op sy nommer
Hy′s double-o double-o seven - de Kok


Hier sit die manne - hier sit die manne
Hier sit die manne - hier sit die manne
Ja, hier sit die manne in die Royal hotel
Ek ken mos vir almal, ek is almal se pel
Luister ou vrind, daar agter die bar
Hoe lyk 'it met nog so ′n doppie daar?
En van die Noord-Weste, kom Karel Bester
Dra kortmou hemp, en 'n khakibroek
Lank terug gebore, hare kort om sy ore
Hy's lief om te lag, hy′s lief om te vloek
Hie′ langs die till, sit 'n man so stil
Daar′s trane in sy oë
Hy sê hy's die baas, van ′n bankrot plaas
Nie ver in die Klein Karoo
Maar dis lekker, dis lekker, dis tog te lekker hier
Musiek op die draadloos, en skuim op my bier
Luister ou vrind, daar agter die bar
Hoe lyk dit met nog so 'n doppie daar?
Hier sit die manne - hier sit die manne
Hier sit die manne - hier sit die manne
Ja, hier sit die manne in die Royal hotel

Songtext kommentieren

Log dich ein um einen Eintrag zu schreiben.
Schreibe den ersten Kommentar!

Beliebte Songtexte
von David Kramer

Quiz
Whitney Houston sang „I Will Always Love ...“?

Fans

»Royal Hotel« gefällt bisher niemandem.