Songtexte.com Drucklogo

Eiland Songtext
von Chris Chameleon

Eiland Songtext

Op hierdie rots
Van stof en beton
En aalwyn assegaai
En die groot groot son
Dobber ons op
Ons eie eilande rond

Met voete vas in die sand geanker
Ontkom ons nie die sleur van die branders
Nie al is ons te lande
In lief en leed
Se diep diep see

Jy op jou eiland
Ek op my eiland
Elk op n stukkie klip
Klippie in die see
Van lief en leed


En af en toe kom n skip verby
Belofte van verlossing
Uit die eensaamheid
Van ons gedeelde hoedanigheid

En as ons waag om aan boord te gaan
Vandaar ons saam
Verlaat op die maat
Van die groot oseaan
Verlang ons terug na ons heenkome

Jy op jou eiland
Ek op my eiland
Elk op n stukkie klip
Klippie in die see
Van lief en leed

En soms as die storms om ons draai
Waai die winde die klank van ons wense
Ons begeerte na mekaar
Soos die hunkering van alle mense
Mag die see ons meesleur
In haar arms sal ons verkeer


Jy op jou eiland
Ek op my eiland
Elk op n stukkie klip
Klippie in die see
Van lief en leed

Songtext kommentieren

Log dich ein um einen Eintrag zu schreiben.
Schreibe den ersten Kommentar!

Beliebte Songtexte
von Chris Chameleon

Fans

»Eiland« gefällt bisher niemandem.