Die plukker Songtext
von Amanda Strydom
Die plukker Songtext
Ek sien ′n sonryp perske
daar doer bo aan 'n tak
Hy groei hier en hy gloei daar vol sap en lig gepak
Ek haal my hoogste trapleer
want dit moet mens verstaan:
′n Plukker moet sy klim ken
as hy 'n boord ingaan
'n Plukker moet sy klim ken
as hy ′n boord ingaan
Ek dra my trapleer na die boom
en plaas hom net mooi reg
So met die eerste trapslag
klim ek die aarde weg
So met die eerste trapslag
klim ek die aarde weg
Al hoër en al hoër
op boontoe na die vrug.
Al hoër en al hoër
my mandjie op my rug.
Verby tak, blaar en wolke
trap vir trap, dis ver
Verby die son,
verby die maan
verby planeet en ster.
Verby die son,
verby die maan,
verby planeet en ster.
So hoog klim ek dat onder
sien ek die heelal draai.
En bo my kop die goue vrug waar hemelswinde waai.
En bo my kop die goue vrug waar hemelswinde waai.
Aan die toppunt van my leer
huiwer ek ′n ruk...
Dis moeilik,
om so 'n ding te pluk.
Dan reik ek uit en vat hom,
sy sap kan ek al proe.
Laat val hom in my mandjie
En ek dra hom aarde toe.
Die vrug deel ek met almal
ek sê neem, eet, en glo.
Want hierdie stukkie perske
kom uit die boord daarbo.
Hierdie stukkie perske
kom uit die boord daarbo.
daar doer bo aan 'n tak
Hy groei hier en hy gloei daar vol sap en lig gepak
Ek haal my hoogste trapleer
want dit moet mens verstaan:
′n Plukker moet sy klim ken
as hy 'n boord ingaan
'n Plukker moet sy klim ken
as hy ′n boord ingaan
Ek dra my trapleer na die boom
en plaas hom net mooi reg
So met die eerste trapslag
klim ek die aarde weg
So met die eerste trapslag
klim ek die aarde weg
Al hoër en al hoër
op boontoe na die vrug.
Al hoër en al hoër
my mandjie op my rug.
Verby tak, blaar en wolke
trap vir trap, dis ver
Verby die son,
verby die maan
verby planeet en ster.
Verby die son,
verby die maan,
verby planeet en ster.
So hoog klim ek dat onder
sien ek die heelal draai.
En bo my kop die goue vrug waar hemelswinde waai.
En bo my kop die goue vrug waar hemelswinde waai.
Aan die toppunt van my leer
huiwer ek ′n ruk...
Dis moeilik,
om so 'n ding te pluk.
Dan reik ek uit en vat hom,
sy sap kan ek al proe.
Laat val hom in my mandjie
En ek dra hom aarde toe.
Die vrug deel ek met almal
ek sê neem, eet, en glo.
Want hierdie stukkie perske
kom uit die boord daarbo.
Hierdie stukkie perske
kom uit die boord daarbo.
Lyrics powered by www.musixmatch.com

