Songtexte.com Drucklogo

Chaos Songtext
von Van Coke Kartel

Chaos Songtext

Hoekom is die lewe so fucked up
Nooit pond in my gatsak
Altyd iemand se kak vat
As ek oor die fokken pad stap
Te veel oorlog, te veel haat
Te min woorde, te veel praat
Skiet eers voor jy vra, geen action te veel kla
Op die voet, deur die stront
Vee die bloed uit my mond
Geen fight vir wat ek glo, want wat ek glo is klaar verloor
Dis verbied, dis te erg
Veg verniet, te veel kerk
Myself alweer vererg
Maak my army reg vir veg


Daar is chaos buite
Hoor dit deur ons sitkamerruite
Verkry duidelikheid deur ons TV stelle
Haatspraak en hofbevele
Hoor ons chaos buite
Orals chaos buite

Ek′s op die rusbank voor die TV
Sing steeds dieselfde liedjie
Daars 'n donker wat ons vasvat
Swart as op ons waslap
Geweerskoot, jy′s dood
Nog 'n lyk in 'n moot
Waar ek stap en soek na brood, loop die bloed steeds voort
Fokken veg vir verandering
Bring jou fokken manne in
Laat onder behandeling
Los! Dis iemand anders s′n
Klipgooi vir regte
Geveg vir gevegte
Die regte gesegdes, geheg aan gehegdes


Daar is chaos buite
Hoor dit deur ons sitkamerruite
Verkry duidelikheid deur ons TV stelle
Haatspraak en hofbevele
Hoor ons chaos buite
Orals chaos buite

Woef! Woef! Die honde is hier
Kanonne gevuur
Balonne gestuur
Die swart pionne van vuur
Op soek na die punt van die draak se stert
Bra, verwerp maak jou sterk
Verkeerd gemerk
Op soek na die duister
Op soek na ′n fluister
So sit saam en luister, bebloed julle vuiste
Die donkerste wolk pak voor ons soos die gold slat
Breindood van kopslag
Hardloop! Hier kom groot kak!

Daar is chaos buite
Hoor dit deur ons sitkamerruite
Verkry duidelikheid deur ons TV stelle
Haatspraak en hofbevele
Hoor ons chaos buite
Orals chaos buite

Daar is chaos buite
Hoor dit deur ons sitkamerruite
Verkry duidelikheid deur ons TV stelle
Haatspraak en hofbevele
Hoor ons chaos buite
Orals chaos buite

Songtext kommentieren

Log dich ein um einen Eintrag zu schreiben.
Schreibe den ersten Kommentar!

Beliebte Songtexte
von Van Coke Kartel

Fans

»Chaos« gefällt bisher niemandem.