Songtexte.com Drucklogo

As almal vêr is Songtext
von Theuns Jordaan

As almal vêr is Songtext

As almal ver is
Word die hart skielik oud
As die wêreld ′n ster is
Afsydig en koud
Smee die gordyne
'N Komplot teen die lig
Krimp die kosyne
En deure sluit dig


As almal ver is,
Vind jy jouself
Waar jy in laaie,
In stil hartkamers delf
As almal ver is,
Vind jy jou siel -
Weerloos, en eensaam,
Soos ′n vrou voor 'n spieël

As daar geeneen is,
Het jy als op die skaal
Want jy weet, wat geleen is,
Word eindelik gehaal.
Dan kom die waarheid
En besweer elke leuen
Skenk jou weer klaarheid -
En laat jou alleen


As almal ver is,
Vind jy jouself
Waar jy in laaie,
In stil hartkamers delf
As almal ver is,
Vind jy jou siel -
Weerloos, en eensaam,
Soos 'n vrou voor ′n spieël

Songtext kommentieren

Log dich ein um einen Eintrag zu schreiben.
Schreibe den ersten Kommentar!

Fans

»As almal vêr is« gefällt bisher niemandem.