Songtexte.com Drucklogo

Brief Vir Brolloks Songtext
von Robbie Wessels

Brief Vir Brolloks Songtext

Beste Brolloks
Ek voel eienaardig om vir jou nou hierdie brief te skryf
Maar jy′s my boetie en ek moet dit uit my system brei
Hulle sê mens gaan oorsee, mos om jouself te vind
Om te gaan seker maak of is jy pa en ma se kind
In n park het ek gistraand gedink ek sien vir my
Maar toe ek nader loop toe sien ek, dis nie ek nie, dit is jy
Jou hare was gekoek en op jou skouers
Daar was melk in jou baard
Op jou hemp het daar gestaan "ek mis my ouers"
Jy was bang en desperaat
Jy't na Pilchards en na knoffel en na sweet geruik
Daar was plaak in jou tanne
Toe jy my sien het dit gelyk of jy verby my kyk
Toe sê jy "wat sê die manne"
Living in the dream - Living in the dream
Living in the dream - Living in the dream
Nou dis winter hier in Holland en ek sê vir jou
Jy kan bly wees jy′t vir poepsak om aan vas te hou
Want hier het dit gelyk of jy alleen rondloop


Ek onthou nou jy't vir elk van ons n pie gekoop
En toe ek vra of jy nog geld het, het jy ja geknik
Maar met trane in jou oë toe aan jou pie verstik
Ek vra toe waarnatoe van hieraf sê jy Viëtnam
Om te gaan fight vir jou land
Terwyl jy kleingeld lê en uitduik in n wensdam
Die Pond is sterk teen die Rand
Toe begin jy goed te sê wat glad nie sin maak
Goed soos "Viva die Viëtnamees"
En jy bewe van die koue in die wensdam
En die snot vries in jou neus
Living in the dream - Living in the dream
Living in the dream - Living in the dream
Nou ek hoop nie jy's ontsteld nie maar ek moes jou sê
Hierdie ding het my gepla, en op my hart gelê
O ja, n vriend het my gebel, gesê hy′t hom verbeel
Hy′t my gesien waar ek in België my hart uitspeel
My kitaar was op die grond, in die reën, en in die wind
So ek's oppad soontoe om myself te gaan vind
Dis, lyk my, vyf en twintig euro, ook n lisensie
Om te kan sing op die straat
Maar hulle gee nie sommer vir n mens nie
Tensy jy mooi met hulle praat
En al wil ek die leeuloop in parys gaan sing
Iewers in n Rock ′n Roll bar
Dan wil ek teruggaan na my land en na my mense toe
Want pa het my daar iewers gewaar
Living in the dream - Living in the dream
Living in the dream - Living in the dream
Living in the dream - Living in the dream
Living in the dream - Living in the dream
P.S
Groete vir Poepsak

Songtext kommentieren

Log dich ein um einen Eintrag zu schreiben.
Schreibe den ersten Kommentar!

Beliebte Songtexte
von Robbie Wessels

Quiz
Welcher Song ist nicht von Britney Spears?

Fans

»Brief Vir Brolloks« gefällt bisher niemandem.