Songtexte.com Drucklogo

Sewe Sakke Sout Songtext
von Anneli van Rooyen

Sewe Sakke Sout Songtext

Sannie het gesukkel om ′n S te sê
Want Sannie se ou tongetjie wou nooit reg lê
Maar Sannie het besluit om 'n plan te maak
Eendag loop sy hierdie lekker rympie raak

En Sannie sê, Sannie sal sewe sakke sout eet
Sommig sê Susannie leef swaar
Sannie sê, Sannie sal sewe sakke sout eet
Sewe sakke sout is swaar sowaar

Sannie het geoefen en haar bes probeer
En eendag slaan daar nog werklik ′n klankie deur
Sy storm na haar mammie en die luister vies
Want Sannie druk haar tongejie vas in haar kies

En Sannie sê, Sannie sal sewe sakke sout eet
Sommig sê Susannie leef swaar
Sannie sê, Sannie sal sewe sakke sout eet
Sewe sakke sout is swaar sowaar


Juffrou het geweet wat die beste sou wees
Om spraak lesse te neem sou die kwaal genees
Gou het sy geleer om soos 'n slang te maak
Maar iewers het haar tongetjie weer vasgehak

En Sannie sê, Sannie sal sewe sakke sout eet
Sommig sê Susannie leef swaar
Sannie sê, Sannie sal sewe sakke sout eet
Sewe sakke sout is swaar sowaar

Sannie is nou groot, het 'n kêrel gekry
Sannie het gewoeker met die soenery
Die rieke is bloed of is dit dalk soet
Vir Sannie was die liefde net die regte terapie

En Sannie sê, Sannie sal sewe sakke sout eet
Sommig sê Susannie leef swaar
Sannie sê, Sannie sal sewe sakke sout eet
Sewe sakke sout is swaar sowaar

Sannie is getroud en voel in haar skik
Drie kinders is gebore uit die huwelik
Maar toe die kinders praat was haar hart so seer
Oor en oor moes sy die rympie leer


Want Sarel sê, Sarel sal sewe sakke sout eet
Boesak sê, boesak sal sewe sakke sout eet
Stefan sê, Stefan sal sewe sakke sout eet
Die hele dag lank hoor sy S S

Songtext kommentieren

Log dich ein um einen Eintrag zu schreiben.
Schreibe den ersten Kommentar!

Beliebte Songtexte
von Anneli van Rooyen

Fans

»Sewe Sakke Sout« gefällt bisher niemandem.